2 Samuel 18:33 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die koning was baie ontroerd en het opgegaan na die kamer oorkant die poort en geween; en terwyl hy gegaan het, het hy so gesê: O my seun Absalom, my seun, my seun Absalom! sou God, ek het vir jou gesterf, o Absalom, my seun, my seun!
Afrikaans (NLV) 2011 Die koning was oorstelp van droefheid. Hy het in trane uitgebars en opgegaan na sy kamer bokant die poort. So ver as wat hy loop, het hy geroep: “My seun Absalom! My seun, my seun Absalom! As ek maar in jou plek kon sterf! Absalom, my seun, my seun!”
Afrikaans 1933/1953 Toe het die koning baie ontroerd geword en opgeklim na die bovertrek van die poort en geween; en hy het rondgeloop en so gesê: My seun Absalom, my seun, my seun Absalom! Ag, as ek self maar in jou plek gesterf het! Absalom, my seun, my seun!
Afrikaans 1983 Die koning het ontroerd geraak en in trane na die kamer bokant die poort opgeklim. Daar het hy heen en weer geloop en gesê: “My seun, Absalom, my seun, my seun. Absalom, ag, as ek maar in jou plek kon gesterwe het. Absalom, my seun, my seun.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die koning het begin bewe, en opgegaan na 'n bovertrek in die poort en gehuil. Terwyl hy loop, het hy hierdie woorde gesê: “My seun Absalom; my seun, my seun Absalom! As ek maar in jou plek kon sterf! Absalom, my seun, my seun!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die koning het begin bewe en hy het opgegaan na die kamer bo-op die poort. Hy het gehuil en hy het heen en weer geloop en gesê: “My seun Absalom, my seun, my seun Absalom. Ek wens ék was dood, nie jy nie. Absalom, my seun, my seun.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die koning was platgeslaan. Hy het na ’n kamer bo-op die stad se muur gegaan en in trane uitgebars. Hy het heen en weer geloop en gesê: “My seun, my Absalom, my seun, my seun, my Absalom. Ag, as ek maar dood was in jou plek, Absalom, my seun, my seun.”