2 Samuel 18:32 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê die koning vir Kusi: Is die jongman Absalom veilig? En Kusi antwoord: Die vyande van my heer die koning en almal wat teen jou opstaan om jou kwaad aan te doen, word soos daardie jongman. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Is die jong man Absalom veilig?” vra die koning. Die Kussiet het geantwoord: “Mag dit met al u vyande en met almal wat met bose planne teen u in opstand kom, gaan soos met daardie jong man.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En die koning het die Kusiet gevra: Gaan dit goed met die jongman, met Absalom? En die Kusiet sê: Mag dit met die vyande van my heer die koning en met almal wat teen u opstaan om kwaad te doen, gaan soos met die jongman! |
| Afrikaans 1983 | “Gaan dit goed met my kind Absalom?” vra die koning, en die Kussiet antwoord: “Mag dit met die vyande van die koning en almal wat teen u in opstand kom en u ondergang wil bewerk, gaan soos met daardie kind.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarop vra die koning vir die Kussiet: “Hoe gaan dit met die jong man, met Absalom?” Die Kussiet het gesê: “Mag dit met die vyande van my heer die koning en met almal wat ten kwade teen u in opstand is, gaan soos met die jong man.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe die koning vir die Kussiet vra of dit goed gaan met die jongman, met Absalom, het die Kussiet gesê: “Ek hoop dat dieselfde wat met die jongman gebeur het, ook sal gebeur met die vyande van die koning en met almal wat opstandig was teen jou.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Wat van Absalom? Is my kind veilig?” vra die koning. Daarop antwoord die man: “Ek hoop dieselfde sal gebeur met U Majesteit se vyande en met almal wat slegte planne teen u het, as wat met daardie jongman gebeur het.” |