2 Samuel 18:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En kyk, Kusi het gekom; en Kusi sê: Boodskap, my heer die koning, want die HERE het jou vandag gewreek aan almal wat teen jou opgestaan het.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe kom die Kussiet daar aan en hy sê: “Ek het nuus vir my heer die koning. Vandag het die Here u verlos van almal wat teen u in opstand gekom het.”
Afrikaans 1933/1953 kom die Kusiet juis aan; en die Kusiet sê: My heer die koning moet die blye boodskap ontvang dat die HERE aan u vandag reg verskaf het teenoor almal wat teen u opgestaan het.
Afrikaans 1983 en toe kom die Kussiet juis net daar aan en sê: “Daar is nuus vir die koning, want die Here het u vandag verlos van almal wat teen u in opstand gekom het.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) juis toe die Kussiet daar aankom. Die Kussiet sê toe: “My heer die koning kan die nuus ontvang dat die Here vandag u reg gehandhaaf het deur u te bevry van die hand van almal wat teen u in opstand is.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe kom die Kussiet en hy sê: “Ek bring vir Meneer die koning die goeie nuus dat die Here jou vandag gered het van almal wat opstandig was teen jou.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Net toe kom die man uit Afrika daar aan. Hy sê: “U Majesteit, ek het goeie nuus! Die Here het vandag almal reggesien wat teen u opgestaan het.”