2 Samuel 18:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar die volk het geantwoord: Jy mag nie uittrek nie, want as ons wegvlug, sal hulle nie vir ons sorg nie; en as die helfte van ons sterwe, sal hulle vir ons sorg; maar nou is jy tienduisend van ons werd; daarom is dit nou beter dat jy ons uit die stad help.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar die soldate het sterk beswaar gemaak. “Nee! U moenie saamgaan nie,” sê hulle. “As ons moet vlug, sal niemand hulle aan ons steur nie; selfs as die helfte van ons doodgaan, sal niemand ag slaan op ons nie. Maar u is soos 10 000 van ons. Dit sal beter wees as u ons liewer van die stad se kant af kom help as dit nodig is.”
Afrikaans 1933/1953 Maar die manskappe het gesê: U mag nie uittrek nie, want as ons miskien vlug, sal hulle nie op ons ag gee nie; ja, al sterwe die helfte van ons, hulle sal nie op ons ag gee nie, want u is soos tien duisend van ons. Dit is dan nou beter dat u ons van die stad uit te hulp kom.
Afrikaans 1983 Die leër het egter geantwoord: “Nee, u moenie saamgaan nie, want as óns dalk moet vlug, kan ons maar vlug en niemand sal van ons notisie neem nie; of as die helfte van ons dalk sterf, sal dit nie saak maak nie. Maar u is soos tien duisend van ons. Dit sal beter wees as u ons van die stad af kom help.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar die manskappe het gesê: “U mag nie saam uittrek nie, want as ons wel moet vlug, sal hulle nie op ons ag slaan nie. En al sterf die helfte van ons, hulle sal nie op ons ag slaan nie, want u is so goed soos tienduisend van ons. Daarom is dit beter as u vir ons uit die stad tot hulp sal wees.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar die manne het gesê: “Nee, jy moenie saamgaan nie. As óns moet vlug, dan maak dit nie saak nie, en as die helfte van ons sterf, dan maak dit ook nie saak nie, want daar is dan nog 10 000 manne soos ons. Dit is beter dat jy in die stad bly en manne stuur om ons te help wanneer ons dit vra.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Nee, u gaan nie saam met ons veg nie,” het hulle gesê, “want hulle is net agter ú aan. Hulle sal nie omgee as ons dalk vlug nie; hulle sal ook nie eers omgee as die helfte van ons dood is nie. U is vir hulle belangriker as 10 000 van ons. Daarom is dit beter as u in die stad bly en ons van dáár af help.”