2 Samuel 18:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê die koning: Is die jongman Absalom veilig? En Ahímaäs antwoord: Toe Joab die dienaar van die koning en my, u dienaar, stuur, het ek 'n groot rumoer gesien, maar ek het nie geweet wat dit was nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Is die jong man Absalom veilig?” vra die koning. Agimaäs antwoord: “Toe Joab vir my sê om te kom, was daar ’n groot rumoer, maar ek weet nie wat gebeur het nie.”
Afrikaans 1933/1953 Toe vra die koning: Gaan dit goed met die jongman, met Absalom? En Ah¡maäs antwoord: Ek het 'n groot gewoel gesien toe Joab die dienaar van die koning, naamlik u dienaar, gestuur het, maar ek het nie geweet wat dit was nie.
Afrikaans 1983 “Gaan dit goed met my kind Absalom?” vra die koning. Hierop antwoord Agimaäs: “Ek het 'n groot samedromming opgemerk net toe u offisier Joab my gestuur het. Verder weet ek niks.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe vra die koning: “Hoe gaan dit met die jong man, met Absalom?” Agimaäs het geantwoord: “Ek het 'n groot samedromming gesien toe Joab, die koning se dienaar, op die punt was om my, u dienaar, te stuur; maar ek weet nie wat dit was nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe die koning vra of dit goed gaan met die jongman, met Absalom, het Agimaäs gesê: “Toe Joab vir my gesê het ek moet kom, het ek gesien 'n groot klomp mense staan bymekaar, maar ek weet nie hoekom nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Wat van Absalom? Is my kind veilig?” vra die koning. “Ek het ’n groot klomp mense bymekaar gesien net toe u generaal, Joab, vir my gesê het om te hardloop. Maar ek weet nie wat het daar gebeur nie,” sê Agimaäs.