2 Samuel 18:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ahimaäs het geroep en aan die koning gesê: Alles is goed. Toe val hy op die aarde op sy aangesig voor die koning en sê: Geloofd sy die HERE jou God wat die manne oorgegee het wat hul hand teen my heer die koning opgehef het.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe Agimaäs daar aankom, groet hy die koning en buig laag voor hom. Hy sê: “Geseënd is die Here u God wat die opstandelinge teen die koning in ons mag oorgegee het.”
Afrikaans 1933/1953 En Ah¡maäs het uitgeroep en aan die koning gesê: Vrede! En hy het hom voor die koning gebuig met sy aangesig na die aarde en gesê: Geloofd sy die HERE u God wat die manne oorgelewer het wat hulle hand teen my heer die koning opgetel het.
Afrikaans 1983 “Alles is reg,” roep Agimaäs en buig voor die koning en sê: “Geloof sy die Here u God, omdat Hy die mense wat in opstand gekom het teen die koning, verslaan het.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Agimaäs het uitgeroep en vir die koning gesê: “Vrede!” Toe buig hy diep voor die koning met sy gesig teen die grond en sê: “Die Here u God moet geprys word; Hy wat die manne oorgelewer het wat hulle hand teen my heer die koning gelig het.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Agimaäs het geskree en vir die koning gesê: “Dit het goed gegaan.” Hy het vir die koning gebuig met sy gesig teen die grond en hy het gesê: “Ek prys jou God die Here. Hy het die mense laat verloor wat opstandig was teen Meneer die koning.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy was nog ’n ent weg toe skree hy al vir die koning: “Als is reg!” Toe hy met sy gesig teen die grond voor die koning buig, sê hy: “U Majesteit, ons moet die Here, u God, prys, want Hy het die mense wat teen u opgestaan het, op hulle plek gesit.”