2 Samuel 18:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê die wag: Ek dink die loop van die voorste is soos die hardloop van Ahímaäs, die seun van Sadok. En die koning sê: Hy is 'n goeie man en kom met 'n goeie tyding.
Afrikaans (NLV) 2011 “Dit lyk vir my die eerste een hardloop soos Agimaäs seun van Sadok,” sê die wag. “Hy is ’n goeie man en kom met ’n goeie boodskap,” antwoord die koning.
Afrikaans 1933/1953 Verder het die wag gesê: Ek sien die gang van die eerste is soos die gang van Ah¡maäs, die seun van Sadok. Toe sê die koning: Hy is 'n goeie man, en hy kom met 'n goeie boodskap.
Afrikaans 1983 “Dit lyk my die voorste een hardloop soos Agimaäs seun van Sadok,” merk die wag op. “Hy is 'n goeie man, hy kom met 'n goeie boodskap,” voeg die koning toe by.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die wag sê toe: “Ek sien aan die hardloop van die eerste een dat dit Agimaäs, seun van Sadok, se manier van hardloop is.” Daarop sê die koning: “Dit is 'n goeie man, en dit moet goeie nuus wees waarmee hy kom.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die wag sê toe: “Ek sien die voorste man hardloop soos Agimaäs seun van Sadok.” En die koning sê: “Hy is 'n goeie man, hy bring goeie nuus.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Dit lyk vir my so aan sy hardloop die voorste een is Agimaäs, Sadok se seun,” skree die man in die toring. “Hy’s ’n goeie man,” sê die koning, “hy kom met goeie nuus.”