2 Samuel 18:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die wag het 'n ander man sien hardloop, en die wag het die poortwagter geroep en gesê: Kyk, daar hardloop 'n ander man alleen. En die koning sê: Hy bring ook tyding.
Afrikaans (NLV) 2011 sien die wag nog iemand wat hardloop. Hy skree toe: “Hier kom nog iemand alleen aangehardloop!” Die koning antwoord: “Hy sal ook nuus bring.”
Afrikaans 1933/1953 sien die wag 'n ander man hardloop; en die wag het die poortwagter toegeroep en gesê: Kyk, daar hardloop nog 'n man alleen. Daarop sê die koning: Hy bring ook 'n goeie boodskap.
Afrikaans 1983 sien die wag nog iemand hardloop en hy roep na die poortwagter: “Daar kom nog iemand alleen aangehardloop.” En die koning sê: “Ook hý bring nuus.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) sien die wag 'n ander man wat hardloop. Die wag roep toe na die poortwag en sê: “Daar is sowaar nog 'n man wat alleen hardloop!” Toe sê die koning: “Ook hy bring nuus.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En toe sien die wag nog 'n man wat nader hardloop. Die wag skree toe af na die poort en hy sê: “Daar kom nog 'n man wat hardloop, hy is ook alleen.” Die koning het gesê: “Dit is ook goeie nuus.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe sien die wag nog ’n man wat aangehardloop kom. “Daar kom nog iemand alleen aangehardloop!” skree hy vir die man wat by die deur wagstaan. “Dan bring hy ook nuus,” sê die koning.