2 Samuel 18:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die wag het geroep en dit aan die koning vertel. En die koning sê: As hy alleen is, is daar 'n boodskap in sy mond. En hy het vinnig gekom en nader gekom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy roep toe die koning en sê wat hy sien. “As hy alleen is, bring hy nuus,” sê die koning. Soos hy naderkom, |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het die wag uitgeroep en dit aan die koning meegedeel. En die koning sê: As hy alleen is, dan is daar 'n goeie boodskap in sy mond. Terwyl hy al nader en nader kom, |
| Afrikaans 1983 | Die wag roep toe en sê dit vir die koning. “As hy alleen is, bring hy nuus,” sê die koning. Terwyl hy nader kom, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die wag roep toe uit en lig die koning in, waarop die koning sê: “As hy alleen is, kom hy met nuus.” Terwyl hy al nader kom, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die wag het geskree en hy het dit vir die koning gesê, en die koning het gesê: “As hy alleen is, dan is dit goeie nuus.” Agimaäs het aangehou hardloop en hy het nader gekom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy skree vir die koning daar van bo af wat hy sien. Die koning sê toe: “As hy alleen is, bring hy nuus!” Die man in die pad het al nader gekom. |