2 Samuel 18:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Dawid het tussen die twee poorte gaan sit, en die wag het op die dak oor die poort na die muur geklim en sy oë opgeslaan en gekyk, en daar was 'n man wat alleen hardloop.
Afrikaans (NLV) 2011 Terwyl Dawid in die stadspoort gesit het, het die wag op die poort se dak geklim en na die uitkykpunt by die muur gegaan. Terwyl hy uitkyk, sien hy ’n man wat alleen na hulle toe aangehardloop kom.
Afrikaans 1933/1953 En terwyl Dawid tussen die twee poortingange sit, het die wag op die dak van die poort op die muur geklim; en toe hy sy oë opslaan, sien hy meteens 'n man alleen hardloop.
Afrikaans 1983 Terwyl Dawid in die stadspoort sit, klim die wag na die uitkykpos op die poort se dak en kyk rond of hy nie dalk iets sien nie. En juis toe kom daar iemand alleen aangehardloop.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Terwyl Dawid tussen die twee poorte sit, gaan die wag op na die dak van die poort, na die stadsmuur. Toe hy opkyk, sien hy skielik iemand wat alleen aangehardloop kom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die koning het binne-in die poort tussen die voorste en die agterste deure gesit. Die wag het op die dak van die poort geklim, en toe hy kyk, sien hy daar kom 'n man wat alleen hardloop.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dawid het tussen die eerste en die tweede groot deur by die ingang van die stad gesit. Die man wat op wag was, klim toe op in een van die uitkyktorings op die dik muur wat om die stad was. Toe hy uit die toring kyk, sien hy skielik iemand wat alleen aangehardloop kom.