2 Samuel 18:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar hoe ook al, sê hy, laat my hardloop. En hy sê vir hom: Hardloop. Toe hardloop Ahimaäs op die pad van die vlakte af en oorval Kusi.
Afrikaans (NLV) 2011 “Dit maak nie saak nie. Laat my in elk geval gaan,” pleit hy. Joab het ingestem: “Nou gaan dan maar!” Agimaäs het met ’n kortpad oor die Jordaanvlakte gehardloop en die Kussiet verbygesteek.
Afrikaans 1933/1953 Laat kom wat wil, sê hy, ek hardloop. En hy antwoord hom: Hardloop! En Ah¡maäs het met die pad na die Jordaanstreek gehardloop en die Kusiet verbygegaan.
Afrikaans 1983 “Dit maak nie saak nie; ek hardloop,” sê hy. “Nou hardloop dan,” sê Joab vir hom. Agimaäs het toe met die pad deur die Jordaanstreek gehardloop en die Kussiet verbygegaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Wat ook al gebeur, ek wil hardloop,” het hy gesê. “Hardloop dan!” het Joab vir hom gesê. Agimaäs het toe met die pad deur die vallei gehardloop en die Kussiet verbygesteek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar Agimaäs het gesê: “Dit maak nie saak nie, ek wil hardloop.” Joab sê toe: “Goed, jy mag hardloop.” Agimaäs het op die pad langs die Jordaan-rivier gehardloop, en hy het by die Kussiet verbygegaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Nee, ek wil maar net hardloop,” sê Agimaäs. “Nou hardloop dan maar,” sê Joab. Agimaäs spring toe daar weg en vat die pad deur die Jordaanvallei. Naderhand is hy voor die man uit Afrika.