2 Samuel 18:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Ahímaäs, die seun van Sadok, weer vir Joab: Maar laat my tog ook agter Kusi aanloop. Toe sê Joab: Waarom sal jy hardloop, my seun, aangesien jy geen tyding gereed het nie?
Afrikaans (NLV) 2011 Maar Agimaäs het aanhou pleit by Joab: “Wat ook al gebeur, laat ek tog ook agter die Kussiet aan hardloop.” “Hoekom wil jy gaan, my seun?” sê Joab. “Daar sal geen boodskappersloon vir jou wees nie.”
Afrikaans 1933/1953 Maar Ah¡maäs, die seun van Sadok, het nog 'n keer aan Joab gesê: Laat kom wat wil -- laat my tog ook agter die Kusiet aan hardloop. En Joab vra: Waarom wil jy dan nou hardloop, my seun? Vir jou is daar tog geen boodskappersloon te kry nie.
Afrikaans 1983 Agimaäs seun van Sadok het weer vir Joab gesê: “Kom wat wil, laat ek tog net agter die Kussiet aan hardloop.” “My seun, waarom wil jy tog hardloop? Daar sal nie vir jou ook 'n boodskappersloon wees nie,” antwoord Joab.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar Agimaäs, seun van Sadok, het weer 'n keer vir Joab gesê: “Wat ook al gebeur, ek wil asseblief ook hardloop – ná die Kussiet.” Waarop Joab vra: “Waarom wil jy dan nou hardloop, my seun? Vir jou sal daar nie 'n boodskappersloon wees nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Agimaäs seun van Sadok het weer vir Joab gevra: “Dit maak nie saak wat gebeur nie, ek wil asseblief ook agter die Kussiet hardloop.” Joab het geantwoord: “Seun, hoekom wil jy ook hardloop? Jy sal nie ook die boodskapper se beloning kry nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Agimaäs hou toe aan by Joab en sê vir hom: “Kan ék nie asseblief ook maar agter daardie man aanhardloop nie?” “Maar my liewe mens,” sê Joab, “hoekom wil jy so graag die nuus gaan vertel? Jy sal nie geld kry daarvoor nie!”