2 Samuel 18:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Joab vir Kusi: Gaan vertel die koning wat jy gesien het. En Kusi het voor Joab gebuig en gehardloop.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe sê Joab vir ’n Kussiet: “Gaan vertel vir die koning wat jy gesien het.” Die man het voor Joab gebuig en begin hardloop.
Afrikaans 1933/1953 Toe sê Joab vir die Kusiet: Gaan vertel die koning wat jy gesien het! En die Kusiet het voor Joab gebuig en gehardloop.
Afrikaans 1983 Toe beveel Joab 'n Kussiet: “Gaan vertel vir die koning wat jy gesien het.” Nadat die Kussiet voor Joab gebuig het, het hy begin hardloop.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Joab het toe vir 'n Kussiet gesê: “Gaan vertel vir die koning wat jy gesien het.” Die Kussiet het diep gebuig voor Joab en toe gehardloop.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Joab het toe vir die Kussiet gesê: “Gaan vertel jý vir die koning wat jy gesien het.” Die Kussiet het voor Joab gebuig en hy het gegaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe sê Joab vir ’n man uit Afrika wat daar by hom is: “Gaan vertel jý vir die koning wat jy gesien het.” Die man het voor Joab gebuig en in die pad geval.