2 Samuel 18:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Joab sê vir hom: Jy sal vandag geen boodskap bring nie, maar jy sal 'n ander dag die boodskap bring; maar vandag sal jy geen boodskap bring nie, want die seun van die koning is dood. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Nee!” sê Joab vir hom. “Vandag moet jy nie die tyding bring nie. Op ’n ander keer kan jy my boodskapper wees, maar nie vandag nie, want die koning se seun is dood.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Joab sê vir hom: Jy is nie vandag 'n man vir 'n boodskap nie, maar anderdag kan jy 'n boodskap bring -- vandag mag jy nie die boodskap bring nie juis omdat die seun van die koning dood is. |
| Afrikaans 1983 | Maar Joab het vir hom gesê: “Jy is vandag nie die regte man om 'n tyding te bring nie. Jy kan op 'n ander dag boodskappe dra. Vandag doen jy dit nie, want dit is die koning se seun wat dood is.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Joab het egter vir hom gesê: “Vandag is jy nie die man vir die nuus nie. Jy kan op 'n ander dag die nuus oordra. Op hierdie dag mag jy nie die nuus oordra nie, omdat die koning se seun dood is.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar Joab het gesê: “Nee, jy is nie vandag die regte man om goeie nuus te bring nie, jy kan op 'n ander dag goeie nuus bring, maar vandag kan jy nie goeie nuus bring nie, want die koning se seun is dood.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Nee man,” sê Joab vir hom, “jy kan nie vandag die nuus vir hom gaan vertel nie. Jy kan op ’n ander dag vir hom ’n boodskap vat. Vandag gaan jy nie. Onthou, dis darem die koning se seun wat dood is.” |