2 Samuel 18:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Dawid het 'n derde deel van die volk onder die hand van Joab uitgestuur, en 'n derde deel onder die hand van Abísai, die seun van Seruja, Joab se broer, en 'n derde deel onder die hand van Ittai, die Gittiet. Toe sê die koning aan die volk: Ek sal sekerlik self ook saam met julle uittrek.
Afrikaans (NLV) 2011 Een derde het hy onder Joab se bevel geplaas, een derde onder Joab se broer Abisai, en een derde onder Ittai die Gattiet. Toe sê die koning vir hulle: “Ek sal ook saam met julle uittrek.”
Afrikaans 1933/1953 En Dawid het die manskappe uitgestuur: 'n derde deel onder bevel van Joab, en 'n derde onder Ab¡sai, die seun van Seruja, die broer van Joab, en 'n derde onder Ittai, die Gittiet; en die koning het aan die manskappe gesê: Ek sal ook seker saam met julle uittrek.
Afrikaans 1983 'n derde onder leiding van Joab; 'n derde onder Joab se broer Abisai seun van Seruja, en die ander derde onder leiding van Ittai die Gattiet. Toe het die koning vir die leër gesê: “Ek gaan self saam met julle veg.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe het Dawid die manskappe uitgestuur, 'n derde onder bevel van Joab, 'n derde onder bevel van Abisai, seun van Seruja en broer van Joab, en 'n derde onder bevel van Ittai, die man uit Gat. Die koning het vir die manskappe gesê: “Ek gaan beslis ook saam met julle uittrek.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het die manne in drie groepe verdeel, en hy het hulle gestuur om te gaan veg. Een groep was saam met Joab, een groep was saam met Joab se broer Abisai, en een groep was saam met Ittai van die stad Gat. Dawid het vir die manne gesê: “Ek gaan self ook saam met julle, dit is seker.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dawid het daarna drie generaals aangestel: Joab was die generaal van een afdeling soldate, Joab se broer Abisai was die generaal van die tweede afdeling en Ittai, wat van Gat af gekom het, was die generaal van die derde afdeling. Die koning het vir die manskappe gesê: “Ek gaan self ook saam met julle veg.”