2 Samuel 18:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Ahímaäs, die seun van Sadok: Laat my tog hardloop en die koning tyding verkondig dat die HERE hom aan sy vyande gewreek het.
Afrikaans (NLV) 2011 Sadok se seun Agimaäs sê toe: “Laat ek tog hardloop en aan die koning die goeie nuus bring dat die Here hom van sy vyand verlos het.”
Afrikaans 1933/1953 Daarop sê Ah¡maäs, die seun van Sadok: Laat my tog hardloop en aan die koning die goeie boodskap bring dat die HERE aan hom reg verskaf het teenoor sy vyande.
Afrikaans 1983 Agimaäs seun van Sadok het gesê: “Laat ek tog hardloop en aan die koning die goeie tyding bring dat die Here hom van sy vyand verlos het.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Agimaäs, seun van Sadok, het gesê: “Laat ek asseblief hardloop en die nuus aan die koning oordra dat die Here sy reg gehandhaaf het deur hom uit die hand van sy vyande te red.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Agimaäs seun van Sadok het gesê: “Ek sal hardloop en vir die koning die goeie nuus bring dat die Here hom gered het van sy vyande.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sadok se seun Agimaäs het vir Joab gesê: “Ek wil graag hardloop en vir die koning die goeie nuus gaan vertel dat die Here sy vyande reggesien het.”