2 Samuel 18:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het Absalom geneem en hom in 'n groot put in die bos gegooi en 'n baie groot hoop klippe op hom gelê, en die hele Israel het gevlug, elkeen na sy tent.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het Absalom se liggaam in ’n diep gat in die bos gegooi en ’n groot hoop klippe daarop gestapel. Die hele Israel het egter na hulle huise toe gevlug.
Afrikaans 1933/1953 Toe het hulle Absalom geneem en hom in die bos in 'n groot kuil gegooi en 'n baie groot hoop klippe bo-op hom gestapel, onderwyl die hele Israel elkeen na sy tent vlug.
Afrikaans 1983 maar die hele Israel het huis toe gevlug. Absalom se lyk is in 'n diep gat in die bos gegooi, en hulle het 'n groot hoop klippe op hom gepak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het Absalom geneem en hom in die beboste gebied in 'n groot gat gegooi. Hulle het 'n baie groot hoop klippe op hom gepak. Die hele Israel het intussen gevlug, elkeen na sy tente toe.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het Absalom se liggaam geneem en hulle het dit in 'n groot gat in die bos gegooi. Hulle het 'n baie groot hoop klippe op hom gepak. Al die manne van Israel het gevlug, elkeen na sy huis.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het Absalom se lyk gevat en dit in die bos in ’n groot gat gegooi. Toe het hulle hom met ’n groot hoop klippe toegepak. Intussen het al die Israeliete na hulle huise toe gevlug.