2 Samuel 18:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Joab het op die basuin geblaas, en die manskappe het teruggekeer van Israel agterna, want Joab het die volk teruggehou. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarna het Joab op die ramshoring laat blaas en sy soldate het opgehou om die leër van Israel te agtervolg. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop blaas Joab op die ramshoring, en al die manskappe het omgedraai en Israel nie meer agtervolg nie, want Joab het die manskappe teruggehou. |
| Afrikaans 1983 | Hierna het Joab die ramshoring geblaas en die leër het opgehou om Israel te agtervolg. So het Joab die leër laat terugtrek, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Joab het op die •ramshoring geblaas. Die manskappe het die agtervolging van Israel gestaak, want Joab het die manskappe teruggehou. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe het Joab die ramshoring geblaas, en die manne het opgehou om die manne van Israel te volg en te jaag, want Joab het sy manne laat terugkom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Joab het op ’n ramshoring geblaas. Dit was die teken dat die soldate nie die Israeliete verder moes jaag nie. |