2 Samuel 18:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Joab: Ek mag nie so by jou bly nie. En hy het drie pyle in sy hand geneem en dit deur die hart van Absalom gedruk terwyl hy nog in die lewe was in die terpentynboom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Dis nou genoeg van jou praatjies,” sê Joab. Hy vat toe drie spiese en steek dit deur Absalom se hart terwyl hy nog lewendig tussen hemel en aarde aan die boom hang. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê Joab: Ek wil nie so by jou vertoef nie! En hy het drie spiese in sy hand geneem en die in die hart van Absalom gesteek, terwyl hy nog lewendig was binne-in die terpentynboom. |
| Afrikaans 1983 | Toe sê Joab: “Ek kan nie so staan en tyd mors hier by jou nie.” Hy het drie spiese gegryp en dit deur Absalom se hart gaan steek waar hy nog lewendig in die boom gehang het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe sê Joab: “Ek gaan nie so hier voor jou staan en wag nie.” Hy neem toe drie stokke in sy hand en steek dit in die bors van Absalom terwyl hy nog lewend is in die terebintboom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Joab het gesê: “Ek wil nie hier by jou staan en wag nie.” Hy het drie stokke geneem en hy het hulle deur Absalom se hart gesteek daar waar hy aan die boom gehang het en nog gelewe het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Ek kan nie my tyd hier by jou staan en mors nie,” sê Joab, en hy gryp drie spiese en gaan steek Absalom daarmee in die bors waar hy nog so lewendig in die boom hang. |