2 Samuel 18:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Anders sou ek valsheid teen my eie lewe gedoen het, want daar is geen saak vir die koning verborge nie, en jy sou jouself teen my opgestel het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As ek verraad teen my koning sou pleeg deur sy seun dood te maak, sal die koning dit uitvind en u sou nie vir my intree nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Of as ek vals teen sy lewe gehandel het -- niks tog bly vir die koning verborge nie -- dan sou u opsy gestaan het. |
| Afrikaans 1983 | As ek verkeerd opgetree het, sou dit by die koning bekend geword het en dan sou ú my nie gehelp het nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As ek egter vals opgetree het teen sy lewe – en niks bly vir die koning verborge nie – sou u self maar net opsy gestaan het.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Of as ek hom doodgemaak het, dan sal die koning dit hoor, hy vind altyd alles uit wat gebeur. En dan sal jy my nie beskerm nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As ek hom dalk doodgemaak het, sou die koning uitgevind het wie dit gedoen het, en dan sou u nie vir my opkom nie.” |