2 Samuel 18:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê die man vir Joab: Al sou ek duisend sikkels silwer in my hand kry, sou ek tog nie my hand teen die koning se seun uitsteek nie, want voor ons ore het die koning jou en Abisai en Ittai bevel gegee en gesê: Pas op! niemand raak die jongman Absalom aan nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Selfs al sou 1 000 silwerstukke in my hand afgeweeg word, sou ek nie my hand teen die koning se seun gelig het nie,” sê die man. “Ons het tog almal gehoor hoe die koning vir u en Abisai en Ittai beveel: ‘Wees ter wille van my versigtig met die jong man Absalom.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die man sê vir Joab: Al kon ek ook duisend silwerstukke op my hande weeg, ek sou my hand tog nie uitsteek teen die seun van die koning nie; want die koning het u en Ab¡sai en Ittai voor ons ore bevel gegee en gesê: Julle, wie dan ook, moet vir die jongman Absalom sorg. |
| Afrikaans 1983 | Maar die man antwoord vir Joab: “Al sou ek ook vir my duisend silwerstukke met my eie hand kon aftel, sou ek nog nie my hand teen die koning se seun opgetel het nie. Ons het immers almal gehoor hoe die koning u en Abisai en Ittai beveel: ‘Werk tog saggies met my kind Absalom.’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar die man sê vir Joab: “Selfs al kan ek duisend silwerstukke op my handpalms afweeg, sal ek nie my hand uitsteek na die seun van die koning nie, want voor ons ore het die koning u en Abisai en Ittai opdrag gegee, ‘Sien om my ontwil om na die jong man, na Absalom.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die man het vir Joab gesê: “Ek sou nie die prins doodgemaak het nie, ook nie as jy vir my 1 000 stukke silwer gegee het nie. Ons het gehoor toe die koning vir jou en Abisai en Ittai gesê het: ‘Ek wil hê julle moet die jongman Absalom beskerm.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Nee,” sê die man vir Joab, “al gee u my ’n hoop geld, sal ek nie my hand optel vir die koning se seun nie. Ons het self gehoor toe die koning vir u en Abisai en Ittai gesê het dat niemand sy seun Absalom moet seermaak nie. |