2 Samuel 18:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Joab aan die man wat hom vertel het: En kyk, jy het hom gesien, en waarom het jy hom nie daar op die grond geslaan nie? en ek sou jou tien sikkels silwer en 'n gordel gegee het.
Afrikaans (NLV) 2011 “Wat?” sê Joab. “Jy het hom gesien en hom nie eers doodgemaak nie? Ek sou jou dan met tien silwerstukke en ’n gordel beloon het!”
Afrikaans 1933/1953 En Joab sê vir die man wat hom die berig gebring het: En as jy dit gesien het, waarom het jy hom dan nie daar teen die grond neergeslaan nie? Dan moes ek jou tien silwerstukke en een gord gegee het.
Afrikaans 1983 Toe sê Joab aan die man wat dit vir hom vertel het: “Wat? Het jy hom gesien? Waarom het jy hom dan nie net daar doodgeslaan nie? Ek sou jou dan tien silwerstukke en 'n eregordel moes gegee het.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarop sê Joab toe vir die man wat dit vir hom vertel: “Jy het hom sowaar gesien! Waarom het jy hom dan nie net daar teen die grond neergevel nie? Ek sou verplig wees om vir jou tien silwerstukke en 'n gordel te gee.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Joab sê toe vir die man wat dit vir hom kom sê het: “Regtig? Het jy hom gesien? Hoekom het jy hom nie doodgemaak nie? Dan moes ek vir jou tien stukke silwer en 'n belt gegee het.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Wat?” sê Joab vir die man. “Het jy hom regtig gesien? En hoekom het jy hom nie net daar doodgemaak nie? Ek sou vir jou baie geld én ’n leerbelt gegee het!”