2 Samuel 17:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Kyk, hy is nou weggesteek in die een of ander kuil of op 'n ander plek; en as sommige van hulle eers omvergewerp word, sal elkeen wat dit hoor, sê: Daar is 'n slagting onder die volk wat Absalom volg.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy kruip waarskynlik alreeds weg in een van die klowe of op ’n ander plek. En dan, sou daar in die begin al sommige manne omkom, sal daar paniek onder u troepe ontstaan sodat daar gesê sal word: ‘Daar was ’n groot slagting onder die manskappe van Absalom.’
Afrikaans 1933/1953 Kyk, nou het hy hom weggesteek in een van die kuile of in een van die ander plekke, en as daar al by die begin enkele onder hulle val en die mense dit hoor, sal hulle sê: Die manskappe wat Absalom volg, het 'n neerlaag gely!
Afrikaans 1983 Ek is seker hy kruip nou weg in 'n sloot of op een of ander plek. As daar aan die begin al van u manskappe omkom en dit rugbaar word, sal daar gesê word: ‘Daar was 'n slagting onder die manne wat vir Absalom volg.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Kyk, nou skuil hy in een van die klowe of in een van die ander plekke. As daar van u manne aan die begin val, sal dié wat dit hoor, sê, ‘Daar was 'n slagting onder die manskappe wat Absalom volg.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy kan seker wees dat hy nou wegkruip in 'n sloot of 'n ander plek. Wanneer hulle vir julle begin aanval en party van jou manne sterf, en die mense hoor dit, dan sal hulle sê baie van Absalom se manne is dood.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) U kan seker wees hy kruip weg in ’n klipskeur of so ’n plek. As van Agitofel se manne doodgemaak word in die eerste aanval, sal daar ’n storie versprei dat daar sommer baie van Absalom se mense dood is.