2 Samuel 17:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want, het Husai gesê, jy ken jou vader en sy manne, dat hulle helde is, en hulle is geskaaf in hul gemoed soos 'n beer wat van haar kleintjies in die veld beroof is; en jou vader is 'n man van oorlog en wil nie loseer by die mense. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “U weet dat u pa en sy manne dapper vegters is en op hierdie oomblik so aggressief is soos ’n beer wat van haar kleintjies beroof is. Onthou tog dat u pa ’n deurwinterde soldaat is. Hy sal nie by sy troepe oornag nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Verder het Husai gesê: U weet dat u vader en sy manne helde is en bitter van siel soos 'n beer wat van haar kleintjies beroof is in die veld; ook is u vader 'n krygsman, en hy sal nie by die volk vernag nie. |
| Afrikaans 1983 | U ken tog u vader en sy manskappe. Hulle is dapper vegters en hulle is boonop verbitter soos 'n beer wat in die veld van haar kleintjies beroof is. Daarby is u vader 'n uitgeslape krygsman. Hy sal nie by die volk oornag nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Gusai sê toe daarby: “U ken self u vader en sy manne: Hulle is helde, en hulle is so omgekrap soos 'n beer in die veld wat van haar kleintjies beroof is. Daarby is u vader 'n krygsman; hy sal nie by die mense slaap nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy ken jou pa en sy manne. Hulle kan goed veg en hulle is nou so kwaad soos 'n beer-wyfie in die veld wanneer iemand haar kleintjies doodgemaak het. Jou pa is 'n man wat baie weet van oorlog, hy sal nie by die ander mense slaap nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | U ken u pa en sy manne: hulle is baie dapper en hulle is nou so kwaai soos ’n wilde beer wie se kleintjies afgeneem is. U pa is ’n ou soldaat: hy sal nie vannag by die manskappe slaap nie. |