2 Samuel 17:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe Húsai by Absalom kom, het Absalom met hom gespreek en gesê: Agitofel het so gespreek; moet ons doen volgens sy woord? Indien nie; praat jy. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe Gusai inkom, vertel Absalom hom wat Agitofel aanbeveel het. Daarna vra hy: “Wat dink jy hiervan? Moet ons Agitofel se raad volg? Indien nie, wat beveel jy aan?” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe Husai by Absalom inkom, het Absalom met hom gespreek en gesê: So het Agitofel gespreek. Sal ons sy raad opvolg? So nie, spreek jy dan. |
| Afrikaans 1983 | Gusai het ingekom, en Absalom het vir hom gesê: “Dit is die voorstel van Agitofel. Moet ons dit aanvaar of nie? Hoe dink jy?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe Gusai by Absalom kom, het Absalom vir hom gesê: “Dit is die voorstel wat Agitofel gemaak het. Moet ons sy voorstel volg? Indien nie, praat jy dan!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe Gusai by Absalom kom, sê Absalom vir hom wat Agitofel gesê het. Absalom vra toe vir Gusai: “Moet ons dit doen of nie, wat dink jy?” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe Gusai inkom, sê Absalom vir hom: “Dis wat Agitofel gesê het. Moet ons dit doen? As jy nie saamstem nie, moet jy praat.” |