2 Samuel 17:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Ek sal die hele volk na jou terugbring; die man wat jy soek, is asof almal teruggekeer het; so sal die hele volk in vrede wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sal al die mense na u toe oorhaal, soos ’n bruid wat terugkom na haar man, behalwe die een man na wie u soek. Die hele volk sal dan vrede hê.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En ek sal die hele volk na u terugbring: die terugkeer van almal hang af van die man wat u soek; die hele volk sal tevrede wees. |
| Afrikaans 1983 | Dan sal ek die hele volk na u toe laat swaai. Nadat almal oorgeloop het, sal u die gunsteling wees en die hele volk sal eensgesind wees.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en al die mense na jou terugbring. Met dié dat almal terugkeer, behalwe die man wat jy soek, sal al die mense ongedeerd wees.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dan sal ek al die mense na jou toe laat kom. Jy het een man gesoek, maar almal sal na jou toe kom, en al die mense sal veilig lewe.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sal al sy mense agter u kry. Hulle sal almal agter u staan soos hulle agter daardie man wat u soek, gestaan het. Almal sal gelukkig wees.” |