2 Samuel 17:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) en heuning en botter en skape en kaas van koeie vir Dawid en vir die mense wat by hom was, om te eet; want hulle het gesê: Die volk is honger en moeg en dors in die woestyn.
Afrikaans (NLV) 2011 asook heuning, botter, skape en kaas vir Dawid en sy mense saamgebring. Hulle het gesê: “Julle moet almal baie moeg en honger en dors wees na julle lang tog deur die woestyn.”
Afrikaans 1933/1953 en heuning en dikmelk en kleinvee en kaas van beesmelk na Dawid om te eet, en na die mense wat by hom was, want hulle het gesê: Die mense het honger en is moeg en het dors geword in die woestyn.
Afrikaans 1983 Hulle het ook heuning, bokmelk en beesmelkkaas gebring sodat Dawid en sy mense kon eet en drink, want hulle het geweet die mense het moeg en honger en dors geword in die woestyn.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) heuning, dikmelk, kleinvee, en kaas gemaak van beesmelk. Hulle het dit alles vir Dawid en die mense by hom gebring om te eet, “want,” het hulle gesê, “die mense sal honger en moeg en dors wees in die woestyn”.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en heuning en dikmelk en skape en bokke en beesmelk-kaas. Hulle het dit vir Dawid en die mense by hom gebring om te eet. Hulle het gesê: “Die mense het honger en moeg en dors geword in die woestyn.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) heuning en dikmelk, bokmelkkaas en beesmelkkaas gebring. Hulle het gesê: “Die mense het seker honger en moeg en dors geraak in die Jordaanvallei.”