2 Samuel 17:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Absalom het Amasa aangestel as leërowerste in die plek van Joab; en Amasa was 'n man se seun met die naam van Jitra, 'n Israeliet, wat ingegaan het by Abigail, die dogter van Nahas, die suster van Seruja, die moeder van Joab.
Afrikaans (NLV) 2011 Absalom het Amasa in Joab se plek as bevelvoerder van sy leër aangestel. Amasa was Joab se neef. Sy pa was Jeter, ’n Ismaeliet. Sy ma, Abigal dogter van Nagas, was ’n suster van Joab se ma Seruja.
Afrikaans 1933/1953 En Absalom het Am sa in Joab se plek oor die leër aangestel; en Am sa was die seun van 'n man met die naam van Jitra, die Ismaeliet wat ingegaan het by Ab¡gail, die dogter van Nahas, die suster van Seruja, Joab se moeder.
Afrikaans 1983 Absalom het vir Amasa in Joab se plek oor die leër aangestel. Amasa was die seun van 'n sekere Ismaeliet Jeter wat gemeenskap gehad het met Abigal dogter van Nagas. Sy was 'n suster van Seruja, Joab se ma.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Absalom het Amasa oor die leër aangestel in Joab se plek. Amasa was die seun van 'n man met die naam Jeter, 'n Ismaeliet wat by Abigal ingegaan het. Sy was 'n dogter van Nagas, die suster van Seruja, die moeder van Joab.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Absalom het vir Amasa gekies en aangestel om die hoof van die leër te wees. Voorheen was Joab die hoof van die leër. Amasa was die seun van 'n man van die stad Jisreël. Die man se naam was Jitra. Jitra het geslaap by Abigal dogter van Nagas. Abigal was 'n suster van Seruja, Joab se ma.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Absalom het vir Amasa aangestel as generaal in Joab se plek. (Amasa se pa was ’n man met die naam Jeter, ’n Israeliet wat met Abigal getroud was. Abigal was Nagas se dogter. Sy was weer ’n suster van Seruja, Joab se ma.)