2 Samuel 17:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dawid het toe in Mahanaim gekom. En Absalom het deur die Jordaan getrek, hy en al die manne van Israel saam met hom.
Afrikaans (NLV) 2011 Dawid het by Maganajim aangekom. Absalom en die hele leër van Israel het deur die Jordaanrivier getrek.
Afrikaans 1933/1953 En Dawid het al in Mahan im aangekom terwyl Absalom deur die Jordaan trek, hy en al die manne van Israel saam met hom.
Afrikaans 1983 Dawid het na Maganajim toe gegaan onderwyl Absalom en die hele Israel deur die Jordaan getrek het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dawid het in Maganajim aangekom. En Absalom het deur die Jordaan getrek, hy en al die manne van Israel saam met hom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe Dawid by die stad Maganajim kom, het Absalom deur die Jordaan-rivier gegaan, hy en al die manne van Israel saam met hom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dawid het in Maganajim aangekom net toe Absalom en al die manne van Israel deur die Jordaanrivier trek.