2 Samuel 17:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarna het Dawid klaargemaak en al die manskappe wat by hom was, en hulle het deur die Jordaan getrek;
Afrikaans (NLV) 2011 Dawid en al sy mense het daardie nag nog deur die Jordaanrivier getrek sodat hulle almal teen dagbreek aan die ander kant was.
Afrikaans 1933/1953 Daarop het Dawid hom klaargemaak, en al die mense wat by hom was, en die Jordaan deurgetrek. Teen dat dit die môre lig geword het, het selfs nie een ontbreek wat nie die Jordaan deurgetrek het nie.
Afrikaans 1983 Die koning en die hele volk by hom het klaargemaak en deur die Jordaan getrek tot ligdag, totdat almal deur die Jordaan was.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dawid en al die mense by hom het toe gereedgemaak en die Jordaan oorgesteek. Teen ligdag die oggend was daar nie een oor wat nie die Jordaan oorgesteek het nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dawid en al die mense wat by hom was, het gereedgemaak en hulle het deur die Jordaan-rivier begin gaan. Hulle het aangehou om deur te gaan totdat dit lig geword het. Almal was toe deur die Jordaan-rivier.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dawid en al die mense by hom het daardie nag nog deur die Jordaanrivier getrek. Die volgende môre toe dit lig word, was almal deur die rivier.