2 Samuel 17:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En nadat hulle weggetrek het, het hulle uit die put opgekom en gegaan en dit aan koning Dawid vertel en aan Dawid gesê: Staan op en trek gou oor die water, want so het Agitofel teen jou beraadslaag.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe hulle weer weg is, het die twee jong manne uit die put geklim en hulle na Dawid toe gehaas. “Julle moet vannag nog gou die Jordaanrivier oorsteek!” sê hulle. Hulle vertel toe wat Agitofel aanbeveel het.
Afrikaans 1933/1953 Nadat hulle weg was, het hulle uit die put opgeklim en verder gegaan en aan koning Dawid berig gebring en aan Dawid gesê: Maak julle klaar en trek gou die water deur, want so het Agitofel teen julle raad gegee.
Afrikaans 1983 Toe hulle weg is, het Agimaäs en Jonatan uit die put geklim en vir Dawid gaan sê: “Trek gou deur die rivier, want Agitofel se raad is gevaarlik vir u.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Nadat hulle weg is, het Agimaäs en Jonatan uit die put geklim, verder gegaan en aan koning Dawid berig gebring. Hulle het vir Dawid gesê: “Maak gereed en gaan gou deur die water, want dit is die raad wat Agitofel oor julle gegee het.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Nadat hulle weg is, het Agimaäs en Jonatan uit die put geklim en hulle het die boodskap vir koning Dawid gaan gee. Hulle het vir Dawid gesê: “Jy moet gereedmaak en jy moet vinnig deur die water gaan.” Hulle het vir Dawid gesê wat Agitofel se plan was.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Na hulle weg is, het Jonatan en Agimaäs uit die put geklim en vir koning Dawid gaan sê watter plan Agitofel vir Absalom gegee het, en dat hy daarom baie gou deur die rivier moes gaan.