2 Samuel 17:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe die dienaars van Absalom by die vrou in die huis kom, sê hulle: Waar is Ahímaäs en Jónatan? En die vrou sê vir hulle: Hulle het oor die waterspruit gegaan. En toe hulle gesoek het en hulle nie kon kry nie, het hulle na Jerusalem teruggekeer.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe Absalom se manne daar aankom, vra hulle vir die vrou: “Waar is Agimaäs en Jonatan?” Sy het geantwoord: “Hulle het die spruit oorgesteek.” Absalom se manne het oral rond gesoek, maar kon hulle nie kry nie, en is terug na Jerusalem toe.
Afrikaans 1933/1953 Toe Absalom se dienaars by die vrou in die huis kom, vra hulle: Waar is Ah¡maäs en Jonatan? En die vrou sê vir hulle: Hulle het die watertjie deurgegaan. En hulle het gesoek maar niks gekry nie, en na Jerusalem teruggegaan.
Afrikaans 1983 Absalom se manne het by die huis aangekom en vir die vrou gevra: “Waar is Agimaäs en Jonatan?” Sy het hulle geantwoord: “Hulle is hiervandaan rivier se kant toe.” Nadat die manne tevergeefs gesoek het, is hulle terug Jerusalem toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe Absalom se dienaars by die vrou in haar huis kom, vra hulle: “Waar is Agimaäs en Jonatan?” Maar die vrou het hulle geantwoord: “Hulle het deur die waterkuil gegaan.” Die dienaars het gesoek, maar niks gekry nie, en toe teruggegaan na Jerusalem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe Absalom se manne by die vrou by haar huis kom, vra hulle vir haar waar Agimaäs en Jonatan is. Die vrou sê toe vir hulle: “Hulle het verbygegaan na die water.” Die manne het vir Agimaäs en Jonatan gaan soek, maar die manne kon hulle nie kry nie, en toe het die manne teruggegaan na Jerusalem.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die manne van Absalom het in die vrou se huis ingegaan en vir haar gevra waar Agimaäs en Jonatan is. Sy het geantwoord: “Hulle is daar by die kraal verby af rivier toe.” Die manne het gesoek, maar niks gekry nie. Hulle is toe weer terug Jerusalem toe.