2 Samuel 17:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek sal op hom afkom terwyl hy moeg en swak van hande is, en Ek sal hom verskrik; en al die mense wat by hom is, sal vlug; en ek sal net die koning verslaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek sal hom inhaal terwyl hy moeg en moedeloos is. Hy en sy manskappe sal paniekbevange wees en sal almal vlug sodat ek die koning kan doodmaak waar hy alleen oor is.
Afrikaans 1933/1953 dat ek hom kan oorval, terwyl hy moeg en slap van hande is, en hom verskrik; dan sal al die mense vlug wat by hom is, en ek sal net die koning neerslaan.
Afrikaans 1983 Ek sal hom oorval terwyl hy moeg en moedeloos is. Ek sal verwarring in sy geledere skep, sodat die hele volk wat by hom is, sal vlug en ek die koning kan doodmaak waar hy alleen is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sal hom oorval terwyl hy moeg en moedeloos is. Ek sal hom die skrik op die lyf jaag, en dan sal al die mense by hom vlug. Ek sal die koning alleen neervel
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal by hom kom wanneer hy moeg en moedeloos is, en ek sal hom groot laat skrik. Al die mense wat by hom is, sal vlug. Dan sal die koning alleen wees, en ek sal hom doodmaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek sal hom aanval terwyl hy moeg en sy moed in sy skoene is. Ek sal hom só skrikmaak dat al sy manskappe wat by hom is, sal weghardloop. Dan maak ek net die koning dood.