2 Samuel 17:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die vrou het geneem en 'n deksel oor die opening van die put uitgesprei en gemaalde koring daarop uitgesprei; en die saak was nie bekend nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die man se vrou het ’n doek oor die put gegooi en graan daarop gestrooi om in die son droog te word. Niemand sou hulle daar verwag nie.
Afrikaans 1933/1953 En die vrou het 'n doek geneem en dit bo-oor die put oopgetrek en graankorrels daarop uitgestrooi, sodat 'n mens niks kon merk nie.
Afrikaans 1983 Sy vrou het 'n doek oor die put gespan en graan daar oor gegooi sodat niemand onraad kon merk nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en die vrou het 'n doek geneem, dit oor die opening van die put getrek en gort daarop uitgesprei, sodat niks opgemerk kon word nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die vrou het 'n doek styf oor die put getrek en sy het koringkorrels daaroor gegooi sodat niemand die put kon sien nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) en die vrou het ’n doek oor die put gespan. Sy het garsmeel op die doek gegooi en dit oopgekrap sodat niemand iets sou agterkom nie.