2 Samuel 17:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Stuur dan nou gou en sê vir Dawid en sê: Moenie vanaand in die vlaktes van die woestyn bly nie, maar trek gou deur; dat die koning nie verslind word en al die mense wat by hom is nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Laat weet vir Dawid dat hy nie vannag by die driwwe na die woestyn moet oornag nie. Hy moet dadelik deurtrek, anders kan hy en sy hele leër uitgewis word.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Stuur dan nou gou, en laat Dawid weet: Vernag nie by die woestyndriwwe nie, maar trek sekerlik deur; anders word die koning en al die mense wat by hom is, vernietig. |
| Afrikaans 1983 | Stuur nou gou en laat weet vir Dawid hy moenie vannag in die woestynpas slaap nie. Hy moet beslis verder trek, anders word hy en sy hele leër uitgewis.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Stuur dan nou gou iemand en laat weet vir Dawid, ‘Moenie die nag by die deurgaanplekke na die woestyn oorbly nie, maar trek beslis verder; anders word die koning en al die mense by hom verslind.’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Gusai het gesê Sadok en Abjatar moet vinnig vir Dawid 'n boodskap stuur en vir hom sê: “Jy moenie vannag by die Jordaan- driwwe slaap nie, jy moet deur die rivier gaan. As jy dit nie doen nie, dan sal Absalom se mense jou daar kry en hulle sal jou en die mense by jou almal doodmaak.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Laat weet dadelik vir Dawid hy moenie vannag by die deurgaanplekke in die Jordaanvallei slaap nie. Hy moet deur die rivier gaan, anders is dit klaarpraat met die koning en die mense by hom.” |