2 Samuel 17:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Absalom en al die manne van Israel het gesê: Die raad van Húsai, die Arkiet, is beter as die raad van Agitofel. Want die HERE het besluit om die goeie raad van Agitofel te verslaan, met die doel dat die HERE onheil oor Absalom sou bring. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe sê Absalom en die leiers van Israel: “Gusai se raad is beter as dié van Agitofel.” Dis die Here wat gesorg het dat die goeie raad van Agitofel verydel word omdat die Here onheil oor Absalom wou bring. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê Absalom en al die manne van Israel: Die raad van Husai, die Arkiet, is beter as die raad van Agitofel. Maar die HERE het dit beskik om die goeie raad van Agitofel te verydel, sodat die HERE die onheil oor Absalom kon bring. |
| Afrikaans 1983 | Toe het Absalom en al die manskappe van Israel gesê: “Die raad van Gusai die Erekiet is beter as dié van Agitofel.” Maar eintlik was dit die Here wat die goeie raad van Agitofel verydel het, omdat die Here onheil oor Absalom wou bring. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Absalom en al die manne van Israel sê toe: “Die raad van Gusai, die man uit Ereg, is beter as die raad van Agitofel.” Die Here het besluit om Agitofel se goeie raad te dwarsboom, sodat die Here 'n ramp oor Absalom kon bring. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Absalom en al die manne van Israel het gesê Gusai se plan is beter as Agitofel se plan. Maar dit was die Here wat dit so laat gebeur het. Hy het dit besluit sodat die goeie plan van Agitofel nie kon slaag nie. Die Here het dit gedoen omdat Hy dit sleg wou laat gaan met Absalom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Absalom en al die manne van Israel het gesê Gusai die Erekiet se plan is beter as Agitofel s’n. Dit was eintlik maar die Here wat besluit het om Agitofel se goeie plan in die wiele te ry, want Hy wou hê ’n ramp moet Absalom tref. |