2 Samuel 17:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Verder, as hy in 'n stad beland is, moet die hele Israel toue na daardie stad bring, en ons sal dit in die rivier trek totdat daar nie een klein klippie gevind word nie.
Afrikaans (NLV) 2011 En as hy dalk na ’n stad toe vlug, kan die hele Israel toue gaan haal en die stad wegsleep tot in die naaste vallei sodat daar nie meer ’n klip oorbly nie.”
Afrikaans 1933/1953 En as hy hom in 'n stad terugtrek, moet die hele Israel toue aanbring na daardie stad, en ons sal dit wegsleep na die spruit totdat daar selfs geen klippie meer te vinde is nie.
Afrikaans 1983 As hy hom dalk in 'n stad terugtrek, moet die hele Israel toue oor die mure van daardie stad gooi en dit na die laagte toe wegsleep totdat daar nie meer 'n enkele klip oorbly nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En as hy hom in 'n stad terugtrek, sal die hele Israel toue bring na daardie stad, en ons sal dit wegsleep tot in die spruit, totdat daar nie meer 'n enkele klippie te vinde is nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Of as hy in 'n stad gaan woon het, dan sal al die manne van Israel toue om daardie stad vasmaak en hulle sal die stad wegsleep tot in die vallei. Daar sal nie een klip oorbly nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) En as hy in ’n stad met mure om is, bring al die Israeliete toue en ons sleep daardie hele stad in die vallei in. Van daardie stad sal daar nie een klip op die ander oorbly nie.”