2 Samuel 17:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So sal ons hom teëkom op 'n plek waar hy gevind sal word, en ons sal op hom aansteek soos die dou op die grond val; en van hom en van al die manne wat by hom is, sal daar nie net een oorbly nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wanneer ons dan vir Dawid kry, waar hy ook al is, sak ons op hom toe soos dou op die grond val. Dan sal daar niks van hom of een van sy manne oorbly nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En as ons by hom kom in een van die plekke waar hy hom bevind, dan val ons op hom neer soos dou op die aarde val, sodat daar van hom en van al die manne wat by hom is, selfs nie een oorbly nie. |
| Afrikaans 1983 | Waar hy ook al is, as ons by hom kom in een van die plekke, sak ons op hom toe soos mistige weer. Daar sal niks van hom oorbly nie, ook nie eers een van die manne by hom nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ons sal op hom afkom in een van die plekke waar hy hom bevind, en dan sak ons op hom toe soos dou op die grond val. Daar sal van hom niks oorbly nie, ook van die manne by hom sal selfs nie een oorbly nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ons sal die koning kry waar hy is en ons sal so skielik by hom kom soos die dou wat op die grond val. Hy en nie een van die manne by hom sal aanhou lewe nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dan kan ons hom op enige plek aanval. Ons sal op hom toesak soos ’n bui reën op ’n land. Wegkomkans sal daar nie vir hom of enige van die manne by hom wees nie. |