2 Samuel 17:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom raai ek aan dat die hele Israel in die algemeen by jou versamel word, van Dan tot Berséba, soos die sand wat by die see is in menigte; en dat jy op jou eie in die geveg gaan.
Afrikaans (NLV) 2011 “Ek beveel aan dat u die hele Israel, van Dan tot Berseba, oproep, ’n menigte so talryk soos die sand by die see. Dan moet u self die troepe lei.
Afrikaans 1933/1953 Maar ek raai aan: Laat die hele Israel van Dan tot Bers,ba, soos sand wat aan die seestrand is in menigte, voltallig by u versamel word; en u moet persoonlik in die stryd trek.
Afrikaans 1983 Nee, ek raai aan dat die hele volk oor die lengte en breedte van die land eers by u bymekaargeroep word: 'n menigte soos die sand van die see. Dan kan u persoonlik teen hom opruk.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ja, my raad is: Laat die hele Israel, van Dan tot Berseba, so baie soos die sand wat langs die see is, onverwyld by u byeenkom, met u wat persoonlik aan die stryd deelneem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarom sê ek jy moet eers al die manne van Israel by jou laat bymekaarkom, almal van die stad Dan tot by die stad Berseba. Hulle moet so baie wees soos die sand by die see, en jy moet self saam met hulle gaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “My plan sal wees om eers al die Israeliete wat kan veg, van Dan in die noorde tot by Berseba in die suide, bymekaar te maak. Maak soveel manne bymekaar as wat daar sandkorrels op die seestrand is. Gaan veg u dan self saam met hulle.