2 Samuel 17:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En ook 'n dapper man wie se hart is soos die hart van 'n leeu, sal heeltemal smelt; want die hele Israel weet dat jou vader 'n held is, en die wat by hom is, dapper manne. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dan sal selfs die dapperstes van hulle bang word, selfs al het hulle die hart van ’n leeu. Onthou, die hele Israel weet u pa is baie dapper en dat sy manskappe heldhaftige krygers is. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dan sal selfs hy wat 'n dapper man is, wat 'n hart het soos 'n leeu se hart, heeltemal versmelt; want die hele Israel weet dat u vader 'n held is, en dat dapper manne by hom is. |
| Afrikaans 1983 | Dan sal selfs die dapperste man, die man met leeuemoed, bang word, want die hele Israel weet u vader is 'n vegter en hy het dapper manne by hom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dan sal selfs die moed van 'n onverskrokke man, met die hart van 'n leeu, heeltemal wegsmelt, omdat die hele Israel weet dat u vader 'n held is en dat daar by hom onverskrokke manne is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dan sal almal bang word, ook die manne wat so dapper soos 'n leeu is, want al die Israeliete weet dat jou pa en die manne by hom goed kan veg. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dan sal selfs die dapper manne wat vir g’n duiwel stuit nie, se moed hulle begewe, want al die Israeliete weet dat u pa ’n vegter is en dat daar dapper manne by hom is. |