2 Samuel 17:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Verder het Agitofel vir Absalom gesê: Laat my nou twaalf duisend man uitkies, en ek sal opstaan en Dawid in hierdie nag agtervolg.
Afrikaans (NLV) 2011 Agitofel het toe by Absalom aangedring: “Laat my tog 12 000 man kies en vannag nog vir Dawid agternajaag.
Afrikaans 1933/1953 Verder het Agitofel vir Absalom gesê: Laat ek tog twaalf duisend man uitsoek en my klaarmaak en Dawid vannag agternajaag,
Afrikaans 1983 Agitofel het verder vir Absalom gesê: “Laat ek tog twaalf afdelings uitsoek en klaarmaak om Dawid vannag nog agterna te sit.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Agitofel het ook vir Absalom gesê: “Laat ek twaalfduisend man uitsoek en gereedmaak, en Dawid vannag agternasit.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Agitofel het vir Absalom gesê: “Ek wil 12 000 manne kies en gereedmaak en ek wil vannag vir Dawid volg en jaag.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Agitofel sê toe ook nog vir Absalom: “Laat my toe om 12 000 man uit te soek, dan sit ek Dawid dadelik agterna, sommer vannag nog.