2 Samuel 16:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die HERE het al die bloed van die huis van Saul in wie se plek jy geregeer het, op jou teruggegee; en die HERE het die koningskap oorgegee in die hand van jou seun Absalom; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here vergeld jou nou omdat jy Saul en sy familie uitgeroei en in sy plek koning geword het. Nou gee die Here dit aan jou seun Absalom, terwyl die onheil jou tref omdat jy ’n moordenaar is!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Die HERE het al die bloed van die huis van Saul, in wie se plek jy koning geword het, op jou laat neerkom; en die HERE het die koningskap in die hand van jou seun Absalom gegee, en hier is jy nou in jou ongeluk, omdat jy 'n bloedvergieter is. |
| Afrikaans 1983 | Nou straf die Here jou vir al die moorde op Saul se geslag toe jy in sy plek koning geword het. Nou het die Here die koningskap aan jou seun Absalom gegee. Nou sit jy self in die ellende omdat jy 'n moordenaar is.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here het al die bloedvergieting in die huis van Saul, in wie se plek jy koning geword het, op jou laat neerkom. Die Here het die koningskap in die hand van jou seun Absalom gegee. En hier sit jy nou met jou eie teenspoed, omdat jy 'n moordenaar is.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here straf jou nou omdat jy Saul se familie almal vermoor het toe jy koning geword het ná hom. Nou het die Here jou seun Absalom laat koning word ná jou. Hy het dit gedoen omdat jy 'n moordenaar is.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here betaal jou nou terug vir al Saul se mense wat jy laat doodmaak het toe jy die koningskap gesteel het! Die Here het nou vir Absalom koning gemaak en jy’s in die moeilikheid oor jy ’n moordenaar is!” |