2 Samuel 16:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe koning Dawid in Bahurim kom, kyk, daar het 'n man uit die geslag van die huis van Saul uitgekom met die naam van Símeï, die seun van Gera; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe Dawid en sy geselskap by Bagurim aankom, kom ’n man uit die dorp en vloek hulle so ver as wat hy gaan. Sy naam was Simeï, seun van Gera en ’n lid van Saul se familie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe koning Dawid tot by Bahurim gekom het, kom daarvandaan juis 'n man te voorskyn uit die geslag van die huis van Saul met die naam van S¡me‹, die seun van Gera; hy het uitgekom en gedurigdeur gevloek |
| Afrikaans 1983 | Toe die koning by Bagurim kom, storm daar ewe skielik een van Saul se familielede op hom af. Sy naam was Simeï seun van Gera. So ver as hy gaan, het hy geloop en vloek. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe koning Dawid by Bagurim kom, kom daar skielik 'n man uit die dorp, 'n verlangse familielid van Saul; sy naam was Simeï, seun van Gera. Terwyl hy uitkom, skel hy |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe koning Dawid by die stad Bagurim kom, het iemand van die familie van Saul uit die stad gekom. Dit was Simeï seun van Gera. Terwyl hy aankom, het Simeï aangehou om vir Dawid te vervloek. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe koning Dawid by Bagurim kom, kom een van Saul se familie uit die dorp uit. Sy naam was Simeï. Hy was Gera se seun. Sommer met die uitkomslag |