2 Samuel 16:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê die koning vir Siba: Kyk, joune is alles wat aan Mefiboset behoort. Toe sê Siba: Ek smeek u nederig dat ek genade in u oë mag vind, my heer, o koning! |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “O, so!” sê die koning vir Siba. “Alles wat Mefiboset besit, gee ek nou vir jou!” “Ek buig voor u in dankbaarheid, my heer die koning,” antwoord Siba. “Mag ek altyd u guns geniet.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop sê die koning vir Siba: Kyk, alles wat aan Mefiboset behoort, is joue. En Siba sê: Ek buig my neer! Mag ek genade vind in u oë, my heer die koning! |
| Afrikaans 1983 | Toe sê die koning: “Nou kyk, alles wat aan Mefiboset behoort, is nou joune.” “Ek sal altyd dankbaar bly,” sê Siba, “en ek hoop ek sal U Majesteit altyd tevrede stel.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe sê die koning vir Siba: “Kyk, alles wat aan Mefiboset behoort, is nou joune.” Siba het gesê: “Ek buig in eerbied. Mag ek genade vind in u oë, my heer die koning.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die koning het toe vir Siba gesê: “Alles wat aan Mefiboset behoort het, is nou joune.” Siba het geantwoord: “Meneer die koning, ek buig voor jou. Ek hoop jy sal tevrede wees met my.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe sê die koning vir Siba: “In daardie geval is al Mefiboset se goed nou joune.” “Baie, baie dankie, U Majesteit,” sê Siba, “u is baie goed vir my.” |