2 Samuel 16:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê die koning: En waar is die seun van jou heer? Toe sê Siba aan die koning: Kyk, hy bly in Jerusalem, want hy het gesê: Vandag sal die huis van Israel die koningskap van my vader aan my terugbring. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Waar is Mefiboset?” vra die koning hom. “Hy het in Jerusalem agtergebly,” antwoord Siba. “Hy dink: ‘Vandag sal Israel die koninkryk van my oupa Saul vir my teruggee.’” |
| Afrikaans 1933/1953 | En die koning vra: Maar waar is die seun van jou heer? En Siba sê vir die koning: Kyk, hy het daar in Jerusalem gebly, want hy dink: Vandag sal die huis van Israel my vader se koningskap aan my teruggee. |
| Afrikaans 1983 | “En waar is Saul se seun?” vra die koning. “Nee, hy sit in Jerusalem. Hy dink mos: vandag sal Israel die koningskap van my pa aan my teruggee,” antwoord Siba. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “En waar is die seun van jou heer?” vra die koning toe, waarop Siba die koning antwoord: “Kyk, hy het in Jerusalem gebly, want hy het gesê, ‘Vandag gee die huis van Israel die koningskap van my vader aan my terug.’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe die koning vir Siba vra waar sy meneer is, sê Siba: “My meneer? Nee, hy is in Jerusalem. Hy dink die leiers van Israel sal hom vandag koning maak, soos sy oupa Saul was.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “En waar is Saul se kleinseun?” vra die koning. “Nee, hy het in Jerusalem agtergebly,” sê Siba. “Hy dink mos die Israeliete gaan hom vandag weer koning maak soos sy oupa was.” |