2 Samuel 16:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die raad van Agitofel wat hy in daardie dae gegee het, was asof 'n man na die woord van God geraadpleeg het; so was die hele raad van Agitofel met Dawid en met Absalom.
Afrikaans (NLV) 2011 Absalom het Agitofel se raad aanvaar net soos Dawid gedoen het, want elke woord wat Agitofel gesê het, was destyds asof dit direk van God afkomstig was.
Afrikaans 1933/1953 En die raad wat Agitofel in die dae gegee het, was asof 'n mens die woord van God geraadpleeg het. So was elke raad van Agitofel vir Dawid sowel as vir Absalom.
Afrikaans 1983 In daardie tyd was Agitofel se raad asof hy dit van God gekry het. So was sy raad altyd, of dit nou al vir Dawid of vir Absalom was.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die raad van Agitofel wat hy in dié tyd gegee het, was so goed asof iemand 'n woord van God gevra het. Dit is hoe al die raad van Agitofel aan Dawid sowel as aan Absalom beskou is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) In daardie tyd het mense gedink dit is God wat vir Agitofel sê wat hy vir die koning moet sê. Dit was so in die tyd toe Dawid koning was en in die tyd toe Absalom koning was.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As Agitofel daardie tyd raad gegee het, was dit so goed of jy het ’n antwoord van God self af gekry. Dit is wat Dawid en Absalom van Agitofel se raad gedink het.