2 Samuel 16:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het hulle vir Absalom 'n tent op die top van die huis opgeslaan; en Absalom het ingegaan by sy vader se byvroue voor die oë van die hele Israel.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het toe ’n tent bo-op die dak van die paleis opgerig sodat almal kon sien hoe hy by sy pa se byvroue gaan slaap.
Afrikaans 1933/1953 Hulle het toe vir Absalom 'n tent op die dak opgeslaan, en Absalom het voor die oë van die hele Israel by die byvroue van sy vader ingegaan.
Afrikaans 1983 Daar is toe vir Absalom 'n tent op die dak opgeslaan, sodat hy voor die oë van die hele Israel by sy pa se byvrouens kon gaan slaap.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daar is toe vir Absalom 'n tent oopgespan op die dak van die paleis, en Absalom het ten aanskoue van die hele Israel by sy vader se byvroue ingegaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het vir Absalom 'n tent opgeslaan op die paleis se dak, en al die Israeliete kon sien dat hy gaan slaap by sy pa se byvroue.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het toe vir Absalom ’n seil op die dak van die paleis gespan, en hy het daar voor al die Israeliete by sy pa se haremvroue geslaap.