2 Samuel 16:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Agitofel vir Absalom: Gaan in by die byvroue van jou vader wat hy agtergelaat het om die huis te bewaak; en die hele Israel sal hoor dat jy 'n afsku het van jou vader; dan sal die hande van almal wat by jou is, sterk wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Agitofel sê vir hom: “Gaan en slaap by jou pa se byvroue wat hy agtergelaat het om die paleis op te pas. Dan sal die hele Israel weet dat jy jou pa beledig het sodat daar geen sprake van versoening meer is nie. Dit sal u volgelinge se hande versterk.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En Agitofel sê vir Absalom: Gaan in by die byvroue van u vader wat hy laat agter bly het om die huis op te pas. Dan sal die hele Israel hoor dat u u gehaat gemaak het by u vader, en die hande van almal wat by u is, sal versterk word. |
| Afrikaans 1983 | Agitofel se raad was: “Gaan slaap by u vader se byvrouens wat hy hier laat bly het om die paleis op te pas. Dan sal die hele Israel besef dat u teen u vader in opstand gekom het en dit sal al u volgelinge se hande sterk.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Agitofel het Absalom geantwoord: “Gaan in by die byvroue van jou pa wat hy agtergelaat het om die paleis op te pas. Die hele Israel sal hoor dat jy jou veragtelik gemaak het by jou pa. Dit sal die hande sterk van almal wat by jou is.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe sê Agitofel: “Jou pa het byvroue hier laat bly om die paleis op te pas. Jy moet na hulle toe gaan en jy moet seks hê met hulle. Wanneer al die Israeliete hoor dat jy jou pa verneder het, dan sal almal wat saam met jou is, nie bang wees nie, hulle sal doen wat hulle moet doen.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Agitofel gee toe vir Absalom hierdie raad: “Slaap by jou pa se haremvroue wat hy hier gelos het om die paleis op te pas. Al die Israeliete moet weet dat jy jou pa in die gesig gevat het, dan sal hulle nog sterker by jou staan.” |