2 Samuel 16:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê die koning vir Siba: Wat bedoel jy hiermee? Toe sê Siba: Die esels is vir die koning se huis om op te ry; en die brood en somervrugte vir die jongmanne om te eet; en die wyn, sodat die wat moeg is in die woestyn, kan drink.
Afrikaans (NLV) 2011 “Wat wil jy met al hierdie goed doen?” vra die koning vir Siba. Siba antwoord: “Die donkies is vir u gesin om op te ry, die brood en vrugte is vir u manskappe om te eet. Die wyn is vir hulle wat in die wildernis uitgeput raak.”
Afrikaans 1933/1953 En die koning het Siba gevra: Wat wil jy hiermee maak? En Siba sê: Die esels is vir die huis van die koning om op te ry, en die brood en die somervrugte vir die dienaars om te eet, en die wyn vir die vermoeides in die woestyn om te drink.
Afrikaans 1983 “Wat het jy hier?” vra die koning vir hom, en Siba antwoord: “Die donkies is vir die koning-hulle om op te ry, en die brood en vye is kos vir u lyfwag; dié wat in die woestyn moeg word, kan die wyn drink.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die koning vra toe vir Siba: “Wat wil jy hiermee doen?” Siba het geantwoord: “Die donkies is vir die koning se huisgesin om op te ry, die brood en die somervrugte is vir die dienaars om te eet, en die wyn is vir hulle wat in die woestyn uitgeput raak, om te drink.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die koning het vir Siba gevra: “Vir wie bring jy hierdie goed?” Siba het gesê: “Die donkies is vir die huisgesin van die koning, hulle moet op die donkies ry, die brood en vrugte is vir die manne om te eet, die wyn is vir iemand wat miskien moeg word in die woestyn.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Wat wil jy daarmee maak?” vra die koning hom. “Die donkies is vir die koning se gesin om op te ry en die brood en die vrugte is vir die manne. Die wyn is vir dié wat gedaan raak in die woestyn,” antwoord Siba.