2 Samuel 16:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Husai sê vir Absalom: Nee! maar wie die HERE en hierdie volk en al die manne van Israel uitkies, syne sal Ek wees en by hom bly. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Nee! Ek is getrou aan die een vir wie die Here, hierdie mense en die magte van Israel gekies het. Al my lojaliteit gaan na hom toe,” antwoord Gusai. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê Husai vir Absalom: Nee, maar aan hom wat die HERE verkies, en hierdie volk en al die manne van Israel, aan hom behoort ek, en by hom sal ek bly. |
| Afrikaans 1983 | Gusai het geantwoord: “O nee! Ek skaar my by dié een vir wie die Here en hierdie manskappe en elke Israeliet gekies het. By hom staan ek. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Gusai het Absalom geantwoord: “Nee, want die een wat deur die Here, en hierdie manskappe en al die manne van Israel gekies is, aan hom behoort ek en by hom sal ek bly. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe sê Gusai vir Absalom: “Nee, ek behoort aan jou. Die Here en hierdie mense en al die manne van Israel het vir jóú gekies, en ek wil by jou bly. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Nee,” sê Gusai vir Absalom, “ek is vir die man wat deur die Here gekies is en wat deur hierdie mense en al die Israeliete gekies is. By hóm sal ek staan. |